Staf van Asklepios

Die staf van Asklepios.

Die staf van Asklepios (Grieks: Ράβδος του Ασκληπιού, Rábdos tou Asklipioú; Unicode-simbool: ) in die Griekse mitologie is ’n staf wat deur ’n slang omstrengel word en wat behoort het aan die Griekse god Asklepios, wat met medisyne en genesing verbind is. Die simbool word steeds in moderne tye gebruik en word met gesondheidsorg verbind. Dit word egter dikwels verwar met die boodskapperstaf van Hermes (of Mercurius).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy